Polisie in Italië maak deurbraak

Die polisie in Italië het afgekom op ’n groot aantal gesteelde goedere waarvan talle kosbare artikels is wat na Duitsland gestuur word om daar vervalste sertifikate te kry en verkoop te word.

Die verkope word in openbare veilings van die hand gesit en die derduisende artikels wat nou gevind is met die spesiale operasie word beskou as een van die grootste deurbrake in die afgelope dekade.

Die polisie woordvoerder sê ’n internasionale kriminele bendegroep wat die artikels steel is intussen ook vasgetrek en belangrike voorbokke is reeds in aanhouding.

Die diewe het menige artikels “onwettig” uitgevoer na Duitsland waar dit dan met sertifikate toegerus word en op veilings verkoop word teen astronomiese bedrae.

Van die sowat 20 000 artikels wat deur die polisie herwin is, word as waardevolle items beskou en talle ou en gesogte muntstukke wat duisende euro werd is, is een deel van die duisende ander wat tans sorgvuldig bewaar word.

Die gesteelde goedere wat teruggevind is, se totale waarde word beraam op meer as €40 miljoen terwyl sekere items se waarde so hoog kan wees dat kenners huiwer om ’n waardebepaling te maak.

Die 76-jarige leier van die groep diewe, wat onder sy mense bekendstaan as “Uncle Gino” is ook veilig agter tralies saam met baie van sy “medewerkers”.