Nog ‘n transito roof – 2 wagte gedood

Nog ‘n transito roof het plaasgevind, hierdie keer in Mthatha in die Oos-Kaap.

Drie wagte is by ‘n kompleks aangeval en slegs die bestuurder het die aanval oorleef. Die SBV groep het ‘n miljoen rand beloning aangebied vir enige inligting wat die polisie kan help in hul ondersoek.

Waarnemers wys nou op die mislukking van polisie minister Bheki Cele se hoogs sigbare en intelligensie veldtog wat hy ‘n maand gelede aangekondig het.

Soveel as 140 rooftogte van die aard het sedert Januarie 2018 plaasgevind.