Nog ’n Britse minister bedank

Theresa May, die eerste minister van Brittanje, het kort na die bedanking van haar Brexit onderhandelaar, David Davies, nog ’n skok gekry toe haar minister van buitelandse sake aangekondig het dat hy ook bedank.

Minister Boris Johnson, wat beskou was as die mees lojale kabinetsminister wat die premier deurgaans gesteun het in alles wat sy doen, se skielike bedanking het die Konserwatiewe Party ’n geweldige slag toegedien.

Johnson het glo gesê hy kan nie daarmee saamleef dat te veel toegewings aan die Europese Unie gemaak word nie, en wil hom op die wyse daarvan distansieer.

Politieke waarnemers se die bedanking van die minister van buitelandse sake kan die May-regering tot ’n val bring en kan selfs die aanloop wees tot ’n nuwe en vervroegde algemene verkiesing.

Die Britse eerste minister verkeer tans onder die hewigste druk wat nog op haar toegepas is, en die hoofrede daarvoor is dat haar eie parlementariërs nie tevrede is met die verloop van die Brexit onderhandelings nie.

Foto – Boris Johnson