Navo eis meer geld van Duitsland

Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, het die afgelope naweek gesê die Duitse regering behoort meer by te dra tot Navo se fondse.

Hy het daarop gewys dat die steeds stygende uitgawes dit dringend noodsaaklik maak dat Duitsland aansienlik meer moet bydra as wat tot nou toe gedoen is.

Die opmerking van die hoof in Navo stem volkome ooreen met die aanvanklike siening van president Donald Trump wat verlede jaar gedreig het om die VSA te onttrek uit Navo indien sy bydraes nie verminder word en dié van Duitsland aansienlik verhoog word nie.

Duitsland spandeer slegs 1,24% van sy begroting aan verdediging, en het onder hewige druk geswig en tydens die opstel en goedkeuring van sy begroting, ’n veel groter bydrae bewillig vir verdediging.

Maar die sekretaris-generaal van Navo is nie daarmee tevrede nie en gesê Duitsland se bydrae moet veel groter wees as dit wat nou begroot word.

Verskeie Navo lidlande het hulle intussen by president Trump geskaar en gesê dit is ’n vereiste dat Duitsland veel beter doen as wat tot nog toe die geval is.

Foto – Jens Stoltenberg