N1, Molotopad in chaos

Die N1 Suid is Maandag bykans vir verkeer gesluit met protesteerders van die Nasionale Vervoer Beweging wat die snelweg versper het.

Volgens foto’s blyk dit dat daar slegs ongeveer 100 protesteerders op die snelweg was wat die hele verkeer ontwrig het.

Daar word nou gevra waar die Metropolisie en SAPD was, en waarom die moeilikheidmakers nie summier gevang, toegesluit en vervolg is nie.

Dieselfde geld by die Molotopad net buite Pretoria, waar ‘n reuse onwettige spoedhobbel opgerig is, en waardeur die verkeer na en van Cullinan erg geraak word. Dié pad sal nog ten minste tot more gesluit bly.