Musk wou grot kinders so red

Ruimte tegnoloog Elon Musk het video materiaal vrygestel van sy mini-duikboot waarmee hy die seuns in Thailand uit die grot wou red.

Die duikboot wat van aluminium vervaardig is, is in ’n swembad getoets en is klein genoeg om deur die nouste opening in die grot te beweeg met een kind daarin.

Musk het gedink die model kon op ’n vlug van 17 uur na Thailand betyds wees om die seuns moeitevry uit die grot te kry.

Die duikboot word ook met bykomende toerusting voorsien soos twee duikpakke en spesiaal ontwerpte suurstofsilinders daarvoor om twee duikers te help om die duikboot na binne te neem.

Die seuns sou wel een vir een uitgeneem word, maar die rit na die grot opening sou slegs enkele minute duur.