Moyane glo hy is onskuldig

Tom Moyane, geskorste hoof van SAID, het deur sy regsverteenwoordiger die media toegespreek en gesê dat die hele ondersoek teen hom ‘n poging is om hom te diskrediteer.

Hy beweer hy is onskuldig op alle aanklagte en sal graag wil terugkeer as hoof van SAID waar hy die nasie kan dien.

Waarnemers is spraakloos na al die getuienis wat reeds gelewer is.