Moeder Theresa Welsyn verkoop babas

Die Indiese owerheid het ’n non asook ’n werknemer wat in diens van die Moeder Theresa Welsyn is, in hegtenis geneem en word daarvan beskuldig dat klein babatjies verkoop word.

’n Ondersoekspan wat ingaan op die aangeleentheid sê die moontlikheid bestaan dat die welsynstruktuur vir meer soortgelyke voorvalle aandadig is.

Die polisie het bevestig dat die twee mense in hegtenis geneem is en steeds in aanhouding bly weens die vermoede dat hulle die baba verkoop het in die ooste van Indië.

Die welsynsorganisasie wat in die stad Jharkhand gestasioneer is, funksioneer as die Missionaries of Charity wat tot stand gebring is deur die Moeder Theresa beweging in 1950.

Dit blyk dat die organisasie vyf of meer babatjies aan ouerlose egpare verkwansel het, en word nou intensief ondersoek ten einde die omvang van die praktyk te bepaal.

Die ondersoek is begin nadat ’n egpaar ’n klag gelê het dat hulle ’n groot bedrag geld moes betaal om die baba te kry.

’n Woordvoerder van die polisie het later gesê die ontvangers van babas betaal soms tot $2 500 vir ’n baba.