Meksikaanse vuurwerke aanleg ontplof

’n Vuurwerke vervaardiger in Meksiko het in vlamme opgegaan toe ’n reuse ontploffing die gebou aan flarde geruk het en sowat 25 werkers gedood is.

Die aanleg wat in Meksiko Stad gesetel is, het nou ’n tweede keer ’n ontploffing gehad, en nog sowat 50 mense is ernstig beseer.

Niemand weet wat werklik veroorsaak het dat die ontploffing plaasvind nie, en reddingswerkers het moeite ondervind om al die beseerdes te identifiseer terwyl die lewelose liggame oral versprei is.

Beseerdes is inderhaas na die naaste hospitaal vervoer, maar 17 is dood voor hulle die hospitaal kon bereik.

Slegs vier brandbestryders van die brandweer was op die toneel om te voorkom dat die vuur verder versprei na ander geboue in die omgewing.

Twee jaar gelede het die vervaardiger 42 personeellede verloor in ’n ontploffing, en talle ander het ernstige beserings opgedoen.