Media se eensydigheid blootgelê

Die radio omroeper, Darren Scott, is verlede week tydens spitsverkeer deur drie mans beroof.  Scott se weergawe van die insident is tekenend van die toestand waarin die land is.

Die swak reaksie van drie Johannesburgse Metro Polisielede, het groot verontwaardiging uitgelok, soveel so dat Wayne Minnaar, die Metrohoof van Johannesburg, die drie lede onmiddelik op “voetpatrollie” geplaas het.

Die mediadekking wat Scott gekry het staan in sterk kontras  met die swyende stilte rondom slagoffers van plaasmoorde en -aanvalle. Geen Boervrou is nog ooit toegelaat  om op hoofstroom media haar en haar kinders se trauma weer te gee rondom haar man se moord en/of haar verkragting nie.

Media 24 wat nuusblaaie soos Beeld, Die Burger, Rapport en hul aanlyn nuusdienste bestuur verswyg of gee weinig aandag aan slagoffers van plaasaanvalle, maar ons mense koop soos verslaafdes die koerante en ondersteun sodoende die anti-Afrikaner sentiment.