Kuba se hulp ingeroep met NGV

Aaron Motsoaledi het aangekondig dat die Departement van Gesondheid gebruik gaan maak van die bykans 250 “dokters” wat sopas teruggekeer het vanuit Kuba na hul opleiding aldaar.

Hierdie pas afgestudeerde en nat agter die ore dokters sonder enige ondervinding,  gaan nou glo help om die voorgestelde abortiewe Nasionale Gesondheid Versekering van die grond te kry.

Diegene wat nou terug keer moet, twee jaar hul “Ramahosa” diens verrig in staatshospitale, en sal nog ‘n jaar van studie aan ‘n SA universiteit moet doen voordat hulle gemeenskapswerk gaan verrig.

Kenners is skepties oor die “dokters” se opleiding en voel dat hul nie medies gaan studeer het nie maar bloot opleiding ontvang het van Kubaanse dokters. ‘n Paar jaar gelede het die studente die nuus gehaal met hul gefuifery en is sommiges terug gestuur.