Koorfees vir ANC politiek misbruik

‘n Herrie het losgebars rondom die afsluitingseremonie van die internasionale koorfees wat in Pretoria gehou is.

Die departement van kuns en kultuur het op Twitter liries geraak oor “die voortreflike uitvoering van Thina sizwe”. Dié lied gaan oor die Spies van die Nasie wat die boere moet doodmaak. Dit is op die program aangedui as ‘n Zoeloe-strydlied. Van die koorlede het geweier om dié lied te sing nadat die betekenis van die lied se woorde eers laatmiddag aan die koorlede verduidelik is.

Kort daarna het Netwerk 24 ‘n “regstelling” geplaas en gesê die lied gaan nie oor boere doodmaak nie maar oor grond wat deur die witmense weggevat is.

Dit is een van die liedere wat gereeld deur Jacob Zuma gesing is, en die Afrikaanse kultuurgemeenskap is erg ontstig oor die feit dat dié politieke lied by die agterdeur ingesmokkel is om die boodskap uit te dra dat witmense die grond gesteel het, en die feit dat die staat se departement van kuns en kultuur liries raak daaroor op Twitter.