Kaapse vrou skiet inbreker

‘n Kaapse vrou in Somerset-Wes het ‘n inbreker doodgeskiet nadat sy in haar huis gekonfronteer is deur die man.

Die Gemeenskap Polisiëring Forum se woordvoerder, Billy Smith, beskryf dit as ‘n ongelukkige  insident maar hy sê dat misdaadvlakke so hoog is dat die publiek hulself moet beskerm.

Veiligheidskenners sê mense mag in sekere omstandighede skiet en moet daarvan gebruik maak.