Immigrante: Oostenryk en Duitsland kom ooreen

Minister Horst Seehofer van Duitsland, en kanselier Sebastian Kurz van Oostenryk het die afgelope naweek samesprekings in die hoofstad Wene gevoer oor die Europese krisis van immigrasie.

Die twee leiers het saamgestem dat die roete vir immigrante en asielsoekers wat vanoor die Middellandse See kom, moet gesluit word.

Ten einde ’n finale besluit te kry, word ’n vergadering belê vir hierdie week waarby afgevaardigdes van Italië, Duitsland en Oostenryk teenwoordig sal wees.

Die doel is om eensgesindheid te kry tussen die drie lande om die jarelange probleem van onwettige immigrante en asielsoekers te bereik.

Kanselier Sebastian Kurz sê dit is onbillik om Oostenryk verantwoordelik te maak oor onwettige immigrante en asielsoekers afkomstig uit Griekeland of Italië nie.

Die twee leiers het saamgestem dat Oostenryk nie verantwoordelik gehou kan word vir die asielsoekers wat deur Duitsland geweier is nie.

Minister Seehofer het later aan die media gesê Oostenryk sal nie nou, en ook nie in die toekoms verantwoordelik gehou word vir mense uit Italië of Griekeland nie.

Waarnemers sê hierdie standpunt van minister Seehofer van Duitsland gaan die druk al meer op kanselier Angela Merkel sit wat haar kan dwing om haar standpunt te verander.

Foto – Minister Horst Seehofer en kanselier Sebastian Kurz