Duitsland en Hongarye bots oor immigrasie

Die Duitse kanselier, Angela Merkel en Hongarye se premier, Viktor Orban, het koppe gestamp oor hoe Europa moet handel met die onwettige immigrante.

Die liberale denke van Merkel het weer na vore gekom met haar standpunt dat “meer menslikheid” teenoor die onwettige immigrante getoon moet word.

Die Hongaarse eerste minister het egter voet by stuk gehou dat Europa nie kan toelaat dat die land oorspoel word van potensiële terroriste en Moslems wat die Christendom bedreig nie.

Kanselier Merkel het daarop gewys dat dit belangrik is om te onthou dat die onwettige immigrante mense is wat hulp nodig het, maar premier Orban sê die onwettige mense kom na Europa terwyl hulle nie noodwendig welkom is nie.

Politieke ontleders wys daarop dat die gesprek wat in Berlyn plaasgevind het, duisende Duitse kiesers ontstel het wat meen Angela Merkel is te behep met die immigrante, en skaar hulle eerder by die standpunt van premier Orban.

Die Hongaarse premier het bygevoeg dat sy land saam met verskeie ander Europese lande die Moslems nie sien as asielsoekers nie, maar as gevaarlike insypelaars.

Die oop-deur benadering van Angela Merkel oor immigrante het haar aansien en invloed in Europa laat daal, en het haar vroeëre sterk steun laat afplat in Duitsland wat haar genoop het om met die linkse sosialiste ’n koalisieregering te vorm.

Foto –  Premier Viktor Orban en Angela Merkel