Duisende word afgedank in Turkye

Meer as 18 000 polisiebeamptes, soldate van die weermag, en akademici is deur die Turkse regering afgedank ’n dag voordat die president vir die nuwe termyn ingehuldig is.

Verskeie groepe in die land het president Erdogan versoek om die praktyk te staak wat volgens sy administrasie “in opstand is teen die nasionale veiligheid”.

Sowat 9 000 van dié wat afgedank is, was verbonde aan die polisiemag, en 6 000 was in militêre poste, en almal se paspoorte is gekanselleer.

Ingevolge die president se besluite, sal 12 nie-regeringsorganisasies, drie koerant maatskappye en een TV-kanaal gesluit word.

Die aankondiging kom ’n dag voor die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, sy nuwe termyn as president begin waarin hy met meer magte beklee word om sy diktatoriale neigings voort te sit en te verskerp.

Die president het die noodtoestand in Turkye sewe keer verleng en daarmee ’n greep gekry om met die groot oorwinning in die afgelope verkiesing, sy termyn uit te rek tot 2023.

Verlede jaar is duisende onderwysers ontslaan uit hulle onderwysposte, en baie staatsamptenare is ook afgedank met die beskuldiging dat hulle deel van die komplot was om die bewind omvêr te gooi.

Foto – President Erdogan