David Mabuza aangewys om grondhervorming te reguleer

Die vorige Oos-Transvaal premier, David Mabuza, is die etiket “so korrup as wat kan kom” gegee en hy word intrinsiek verbind met korrupsie en selfs die Guptas.

‘n Politieke ontleder het gesê dat sy verbintenisse met korrupsie kan nie weggeredeneer word nie en hy is onrehabiliteerbaar, aldus Ralph Mathekga.

Nou het Ramaphosa hom aangestel om grondhervorming te ko-ordineer  en maatreëls in werking te stel sodat gronddiefstal verhaas kan word.

Mabuza word bygestaan deur die “knoffel minister”, Nkosazana Dlamini-Zuma, en agt ander ministers.

Ramaphosa gaan na bewering ‘n paneel kundiges aanstel om die ministers tegnies by te staan met die grondverdeling sonder vergoeding.