Carl Niehaus die ANC en Zwelithini

Carl Niehaus is besig om sy eie nes te bevuil nadat hy by die Zoeloekoning om verskoning gevra het vir die inmenging oor die grond van die Zoeloes.

Hy het dit as lid van die MK veterane namens die ANC gedoen maar die ANC het hulleself gedistansieer van Niehaus se verskoning en gesê dat hy geen mandaat het om namens die ANC te praat en verskoning te vra nie.

Fikile Mbalula het verklaar dat die ANC nie van plan is om grond by tradisionele leiers te vat (sien steel) nie en sal met die tradisionele leiers vergader om die saak uit te klaar.

Intussen dreig die Zoelokoning, Goodwil Zwelithini, om Suid-Afrika te verlaat en Natal saam te neem as daar aan sy tradisionele grond gevat word. Dit word gesien as ‘n dreigement vir afskeiding.