Britse Brexit-minister bedank

Die Britse minister wat aan die hoof staan van onderhandelinge met die Europese Unie om die Verenigde Koninkryk se uittrede uit die liggaam te bestuur, het die afgelope naweek sy bedanking per brief ingedien.

Minister David Davies skryf in ’n brief aan die Britse eerste minister, Theresa May, dat hy nie langer bereid is om die slaansak te wees met die onderhandelinge oor Brexit nie.

Die bedanking van Davies kom enkele dae nadat die premier aangekondig het dat sy haar kabinet verenig het agter ’n Europese Unie uittrede plan.

Twee dae tevore het die Britse premier haar kabinet oortuig om ’n omstrede voorstel te aanvaar oor hoe uittrede moet wees wat aan die EU aangebied sal word en wat onder meer ’n vry handelsooreenkoms sal insluit.

Davies het in sy brief gesê die Brexit-beleid is problematies en daarom het hy besluit om eerder uit te tree in die hoedanigheid as minister.

Politieke ontleders is van mening dat die skielike bedanking ernstige gevolge inhou vir die premier wat waarskynlik nou die “tweede beste persoon” as onderhandelaar sal moet aanstel om die taak bevredigend deur te voer.

Foto – Minister David Davies