Brandstof WEER duurder

Die AA het gewaarsku dat daar in Augustus ‘n verdere prysverhoging in brandstof voorlê.

Data toon dat petrol met 19 sent en diesel met 13 sent kan verhoog.  Dit is weens die rand wat steeds verswak teen die dollar, ten spyte van Cyril Ramaphosa se beloftes en pogings om die ekonomie  aan die gang te kry.

Die verswakking van die rand is die gevolg van beleggers se wantroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie as gevolg van die regering se beleid en in sekere gevalle juis beleidsonsekerheid.

Die brandstofprys sou drasties laer kon wees as die regering die las van heffings en belasting minder sou maak, maar dan sal die staatskas se boeke nog minder klop as wat reeds die geval is.