Aanbidding van die dode

Veral die Afrikaanstalige deel van die ANC se openbare uitsaaier, RSG, gaan oorboord met ‘n byna aanbiddende lofuiting van die eens veroordeelde terroris, Nelson Mandela, wat 100 jaar oud sou gewees het indien hy nie reeds die ondermaanse verlaat het nie.

In dié verband steun hulle sterk op die voormalige Amerikaanse kleurling president, Barack Obama, wat die jaarlikse Nelson Mandela lesing in Johannesburg toegespreek het.

Skielik is Mandela selfs voorgestel as ‘n vriend van die Afrikaner, wat “selfs Afrikaans gepraat het”. Dit het hy egter geleer om sy “vyand”, die Afrikaner, te kan verstaan.

Tydens Obama se “huldiging“ het hy ook ‘n kwalik bedekte aanval op Donald Trump geloods. Hy het gepraat van politiek van vrees en skaamte deur leiers wat lieg en skaamteloos optree.

Waarnemers sê dit is vreemd dat hy praat van regerings wat gefaal het en elite politici. Hulle wys daarop dat hy daarmee netsowel kon gepraat het van die ANC en die mislukte reënboognasie Suid Afrika.