Zuma as opposisieleier?

‘n Pro-Jacob Zuma groep het bevestig dat daar ‘n stigting van ‘n nuwe politieke party oorweeg word.

Zuma ontken egter dat hy nie ‘n nuwe party gaan begin nie, want hy het baie opgeoffer, selfs sy familie, om te veg vir die regte van swart mense.

Daar is nie gemeld of sy onbekende aantal vroue en kinders by die byeenkoms was ter ondersteuning nie.

Die byeenkoms was vooraf gegaan deur ‘n gebedsbyeenkoms, gereël deur kerkleiers, in Nkandla.