Zeno-moslem aanval laat twee dood

Twee moslems is in die vroeë oggendure op Donderdag in Malmesbury by die plaaslike moskee gedood.

Dit blyk dat ‘n “uitlander” saam met die aanbidders gebid het en skielik met ‘n mes ‘n aanval geloods het.

Polisie het met aankoms twee persone dood gevind. Na hul die aanvaller gekonfronteer het is hy doodgeskiet.

Dit is die tweede aanval in ‘n maand na die aanval in Verulam waar drie onbekende mans die moskee bestorm het. In die voorval is een persoon gedood en twee beseer.