Ys smelting van Antarktika versnel drasties

Die tonnemaat ys wat tans in Antarktika smelt het sedert 2012 drievoudig vergroot en is die ergste wat dit nog was in die afgelope 25 jaar.

Na raming het 3 triljoen metrieke ton ys in die afgelope 25 jaar gesmelt, wat veroorsaak het dat die seevlak aansienlik gestyg het oor die afgelope 5 jaar.

Die seevlak het wêreldwyd met 7,6 millimeter gestyg, en die temperatuur het ook gestyg wat deel vorm van aardverwarming.

Wetenskaplikes wys daarop dat die seevlak met 58 meter sal styg as al die ys op Antarktika sou smelt, wat ’n totale omwenteling sal meebring.

Sedert 1992 tot 2011 het Antarktika gemiddeld sowat 84 miljard ton ys per jaar verloor, maar tussen 2012 en 2017 het die verlies aan ys weens smelting verhoog tot 241 miljard ton per jaar.

Wetenskaplikes beweer dat die tempo jaarliks sal toeneem na mate dit verdere verwarming veroorsaak, maar wetenskaplikes sê die kanse dat die groter “ysblad” sal smelt, uiters skraal is.