Wilde gans breek wêreldrekord

’n Wilde gans het ’n wêreldrekord opgestel toe sy en haar manlike maat hulle eerste span kuikens uitgebroei het en toe 51 kleintjies moes begin grootmaak.

Die ma neem haar kroos gereeld om in die pragtige Kanadese meer te gaan swem en die tydskrif wat die berig geplaas het, het gesorg vir ’n hele reeks pragtige foto’s.

Die ervare fotograaf sê hy het oor baie jare foto’s van die aard geneem, maar in die uiterste gevalle was daar 20 kuikens saam met die ma-gans.

Wat die wonder nog meer merkwaardig maak, is dat dit die egpaar se eerste broeisel is en dat hulle behoorlik broeis is oor die kleingoed.

Die parke-owerheid het onderneem om ’n ogie te hou oor die ouers en hulle span kleintjies om te verseker dat hulle genoeg het om te eet, en voldoende beskerming geniet.