Wêreld Nuusflitse – 15 Junie

 

Amerika

Die Tesla e-motor vervaardiger het sowat 4 000 werknemers afgedank wat aandui dat die grootbaas, Elon Musk, se planne nie na wense verloop nie, maar kenners sê dit is slegs 9% van sy totale werknemerskorps.

 

Georgië

Die eerste minister van die Balkanstaat Georgië het sy bedanking ingedien na ’n hewige dispuut met een van die land se bekendste miljardêrs, en is ook die gevolg van sy kwynende steun onder kiesers van die land.

 

Duitsland

Die Volkswagen voertuig vervaardiger is beveel om ’n bedrag van een miljard euro aan boete te betaal vir sy dieselgate skandaal Duitsland.