Wêreld Nuusflitse – 12 Junie

Rusland

President Vladimir Poetin van Rusland het president Trump ondersteun oor sy land se hertoelating tot die G7 beraad, en gesê daar moet eerder samewerking bewerkstellig word tussen die lande, en fokus moet geplaas word op belangrike wêreldsake.

 

Singapoer

Die owerheid in Singapoer het twee joernaliste uit Suid-Korea gedeporteer ’n enkele dag voor die ontmoeting tussen president Donald Trump van Amerika en Kim Jong-Un van die kommunistiese Noord-Korea.

 

Irak

Kort voor die stembriewe van die afgelope verkiesing hertel moes word, het die gebou waarin dit gestoor word, in ligte laaie opgegaan nadat ’n reuse ontploffing die stoor geskud het.

 

Kairo

Dringende samesprekings word tussen Egipte en Ethiopië gevoer oor die water van die Nylrivier nadat vrese ontstaan het dat Ethiopië die watervloei na Egipte kan afsny en mag lei tot ’n volskaalse oorlog.