Vuurwapen eienaars voor ultimatum

Meer as 400 000 vuurwapen eienaars wat nie betyds aansoek gedoen het vir die hernuwing van hul vuurwapen lisensies nie, is nou onwettige vuurwapen eienaars en sal hul wapens by die polisie moet gaan inhandig.

Dit volg na die Konstitusionele Hof ‘n appèl van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit gehandhaaf het en ‘n hooggeregshof bevel tersyde gestel het wat twee afdelings van die vuurwapenwet konstitusioneel ongeldig verklaar het.

Vorige wetgewing  het bepaal dat ‘n vuurwapenlisensie lewenslank geldig is, maar die Wet van 2000 het dit verander.  Lisensies is nou 2, 5 of 10 jaar geldig en moet dan hernu word.

Vuurwapeneienaars het reeds laat blyk dat hulle nie hulle wapens gaan inhandig by die polisie nie as gevolg van dikwels administratiewe onvermoë van die polisie. Daar is ook geen vertroue dat wapens wat by die polisie ingehandig word, nie in misdadigers se hande gaan beland nie.