Vroue polisie konstabel in transito roof

Die polisie in die verre Noord-Transvaal het ses verdagtes gearresteer in ‘n beplande aanval op ‘n kontantwa.

Die voorval in die Marble Hall omgewing het plaasgevind nadat polisie in kennis gestel is van vreemde elemente wat die paaie dophou, en die verdagtes is gevind langs die pad waar hul ‘n kontantwa voorgelê het.

Een van die verdagtes se verloofde is gearresteer waar sy in ‘n geparkeerde voertuig gewag het, wat klaarblyklik die ontvlugtingsvoertuig sou wees.  Sy is uitgeken as ‘n polisie konstabel.

Die gearresteerdes is volgens die polisie verdagte kontantwa rowers wat op borgtog uit is vir ander aanvalle!

Intussen het sekuriteitswagte versoek dat hul voor die voet mag doodskiet as hul aangeval word. Roof is ‘n Bylae 1 misdryf wat bepaal dat jy jou kan verweer.