Vakverbonde dreig donker Donderdag

Twee vakverbonde het aangekondig dat hul eerskomende Donderdag 14 Junie ‘n eendag staking gaan hou, of te wel “shutdown”.

Dit is ten spyte daarvan dat baie werknemers nie mag staak nie aangesien hulle noodsaaklike dienste verrig. Dit het egter nog nooit verhoed dat mediese personeel en selfs beskermingsdienste se personeel staak nie.

Die twee dreigende vakbonde is NUM en NUMSA wat ‘n 15% verhoging plus R2 000 behuisingstoelaag verhoging eis.  Verder eis hul die verbanning van arbeidskonsultante en dat alle uitgekontrakteerde werkers permanent aangestel moet word.