Tarief onderhandeling tussen VSA en EU misluk

President Donald Trump van Amerika het letterlik die jakkals in die hoenderhok losgelaat toe hy aangekondig het dat die vrye handel nie meer die VSA se ondersteuning geniet nie en dat hy op sekere produkte ’n invoerheffing plaas.

Dit het die Europese lande genoop om met Amerika in gesprek te tree oor tarief aanpassings, maar dit blyk dat die eerste rondte samesprekings rampspoedig verloop het.

Met slegs twee dae wat oorbly voordat die tariewe deur die VSA in werking tree, het die verteenwoordigers van die Europese Unie rond geskarrel in ’n poging om ’n ooreenkoms te bereik.

President Donald Trump is gereed om ’n invoer heffing te plaas op staal en aluminium wat ook die Europese Unie sal raak, en nyweraars hou asem op vir die aankondiging wat na verwagting gemaak sal word deur die Amerikaanse Wit Huis.

Die top onderhandelaars van Europa het twee dae lank met ’n VSA afvaardiging vergader met die hoop om ’n ooreenkoms te bereik voor die komende Vrydag se sperdatum.

Sjina moes onderneem om sy aankope met die VSA drasties te verhoog om ’n meer gebalanseerde handelsbalans vir die VSA te verseker, en in ruil daarvoor sal Amerika die beoogde tariewe heroorweeg.

Sjina se handelsoorskot met Amerika was tot nou ’n geweldige bedrag weens die vrye handelsooreenkoms wat tussen die lande bestaan het.

Waarnemers wys daarop dat die onderhandelings uiters moeilik gevoer word weens die spanning wat heers tussen die EU en Amerika.