Swaar reën in Kaap bring verligting

Swaar reënneerslae in die Kaapse Skiereiland en Weskus gebied het welkome verligting gebring in die droogtegeteisterde gebied.

Swaar reën het in Kaapstad, die Kaapse Wynland en Overberg gebiede geval. Die vlakke van damme het aansienlik gestyg met Theewaterskloofdam op 30,4, Bergrivier 68%, en Wemmershoek 72%.  Die Clanwilliamdam het die 65% merk verbygesteek en die vooruitsigte vir boere in die laer Olifantsrivier gebied lyk aansienlik beter as in 2017/18.