Supra Mahumapelo blaas R413 miljoen

Die taakspan wat Noordwes se geldsake ondersoek het onder andere berig dat meer as R413 miljoen se onreëlmatige uitgawes toegeskryf kan word aan kontrakte met AgriDelight.

Dit blyk dat Supra Mahumapelo en ander politici die maatskappy as front gebruik het tot hul eie voordeel.

Onder Mahumapelo se beheer het ongemagtigde en onreëlmatige uitgawes in drie jaar verdubbel tot meer as R15 miljard.

Ontleders vra hoe dit moontlik is dat ‘n staat toelaat dat een provinsie soveel geld “steel” en nie die krane toedraai nie.