Sjinese vervaardiger betaal reuse boete

Die Amerikaans minister van handel, Wilbur Ross, het aangekondig dat die Sjinese vervaardiger van telekommunikasie produkte, het ’n ooreenkoms onderteken om ’n opgelegde boete te betaal.

Die vervaardiger, ZTE, het onderneem om meer as een miljard dollar aan boetes te betaal aan die VSA in ruil vir die opheffing van sanksies teen hulle.

Die minister het aan die media gesê ZTE sal verantwoordelik wees vir die betaling van 1,4 miljard dollar sodat die sanksies opgehef kan word wat vroeër ingestel is nadat die vervaardiger betrap is dat hulle die verbod op handel met Iran oortree het.

Die Sjinese vervaardiger is uiters afhanklik van grondstowwe uit die VSA vir die vervaardiging van sy artikels, en is genoodsaak om die boete te betaal ten einde noodsaaklike grondstowwe te bekom.