Sjina woedend oor VSA ambassade

Die Sjinese minister van buitelandse sake het reeds ’n klag ingedien teen die Verenigde State van Amerika oor hulle nuwe Amerikaanse Instituut in ’n Taiwan gebou.

Die VSA het gesê die nuwe kompleks verteenwoordig die “sterk vibrasie van die Amerikaanse-Taiwanese bondgenootskap”.

Die woede van Sjina het ontketen toe Amerika ’n nuwe $256 miljoen kantoor kompleks vir Amerikaanse verteenwoordigers bekom het in die Taiwanse hoofstad .

Waarnemers wys daarop dat die skuif van Amerika die spanning tussen die VSA en Sjina dramaties verhoog het.

Die Amerikaanse Instituut in Taiwan sal glo funksioneer as Washington se de facto ambassade in die selfregerende eiland.

Spanning tussen die VSA en Sjina het skerp gestyg toe die Sjinese ’n kunsmatige eiland in die Sjinese Suid See gebou het waar ’n militêre vliegveld en ander toerusting aangebring is wat verskeie omliggende state soos Japan groot kommer besorg.

Daarna het die spanning verder gestyg toe die VSA onlangs die Sjinese gedwing het om meer van Amerika se goedere in te voer ten einde ’n beter balans in handel te bewerkstellig.

Sjina beskou Taiwan as deel van sy gebied en het selfs internasionale erkenning probeer beding dat dit ’n deel van sy hiërargie is, maar die VSA het sedert die Trump-administrasie hierdie eis geïgnoreer.