Singapoer ontmoeting lewer min op

Soos wat verwag is, het die ontmoeting van president Donald Trump van Amerika met die leier van Noord-Korea, Kim Jong-Un, weinig opgelewer te midde van ’n enorme koste van meer as $20 miljoen wat dit Singapoer uit die sak gejaag het.

Die twee leiers het albei ’n gesamentlike  ooreenkoms onderteken, maar die inhoud is vaag en sommige waarnemers bestempel dit as ’n niksseggende stukkie papier.

Vier punte van ooreenkoms is vaag gestel as die eindproduk van die samesprekings van die dag:

  1. Die VSA en Noord-Korea verbind hulle aan die realisering van ’n nuwe verhouding tussen die twee lande in ooreenstemming met die verwagtinge van beide se burgers oor vrede en welvaart.
  2. De VSA en Noord-Korea gaan saamwerk aan ’n blywende en stabiele vrede op die Koreaanse skiereiland.
  3.       President Trump en Kim Jong-Un bevestig dat die ooreenkoms tussen Noord en Suid Korea soos op 27 April aangegaan, beide lande verbind tot die strewe na die algehele ontlading van die Koreaanse skiereiland aan kernwapens.
  4. Die VSA en Noord-Korea gaan die oorskot van Amerikaans soldate wat omgekom het in die Koreaanse oorlog, repatrieer na die VSA.

President Donald Trump het die ooreenkoms as “fantasties” beskryf en eers ’n onderhoud afgestaan aan die Amerikaanse media voordat hy in Singapoer ’n verklaring aan die media gebied het.

Deskundiges sê die aannames wat president Trump maak, is nie alles op skrif gestel nie, en derhalwe van geen betekenis is nie.