Ses “vals” dokters gevang

Die Valke het ses persone gearresteer wat hul voorgedoen het as mediese dokters.

Hulle het “praktyke” bedryf in Bellville, Paarl, Khayalitsha en Philippi.

Die Mediese Raad van SA het hul kommer uitgespreek oor die toename in getalle van persone wat hul voordoen as medici.

Die “dokters” betaal nie belasting nie en reik vals mediese sertifikate uit wat produktiwiteit in die arbeidsmark beïnvloed.

Meer as 300 vervolgings is die afgelope drie jaar gedoen.