Sasol pyplyn besoedel kanaal

‘n Sasol pyplyn het vermoedelik gebars tussen die N2 en R102 by die ou Durban lughawe.

Sasol kon of wou nie bevestig watter produk dit was wat gelek het nie asook die hoeveelheid wat gestort is nie.

Die kanaal wat langs die R102 strek is besoedel met ‘n donker stof en Sasol wou nie bevestig of die stof ‘n gevaar vir die omgewing of inwoners inhou nie.