SAL se nuwe raad blaas miljoene

SAL is besig om aansienlike bedrae te spandeer deur nuwe uitvoerende bestuurslede aan te stel.

Volgens Vuyani Jarana het die entiteit nie ‘n ander keuse as om top bestuurspersoneel vanuit die regering en privaat sektor te huur om hulle te help om SAL weer in die “lug te kry” nie.

Die aankondiging van Jarana se aanstelling was met groot bravade gedoen rondom sy vermoë om SAL te red.  Nou erken hy dat SAL ‘n globale entiteit is wat lugvaart ervaring nodig het, en dié ervaring is glo in die privaat sektor.

Vervoerekonome vra of daar weer, soos onder Myeni, klomp konsultante aangestel word wat miljoen gaan verdien maar geen oplossing bied nie? Die vraag word gevra waarom nie iemand in die eerste plek aanstel wat die nodige ervaring en kundigheid het om SAL te red nie.

Gerugte doen die rondte dat Europese konsultante gehuur gaan word asook ‘n Duitse bank om SAL se skuld te ontleed en dit te herstruktureer.