SAL loodse uitgehuur

Dit blyk dat SAL tans van sy loodse “uitverhuur” om kapitaal in te samel om die lugdiens in die lug te hou.

Die SAL Loodse Vereniging is egter nie gelukkig met die situasie nie en het verklaar dat hulle teleurgesteld en selfs “verskrik” is rondom die situasie aangesien loodse gedwing word om kontrakte aan te gaan met ander rederye en dan onbetaalde verlof moet  neem by SAL.

Dit is weens slegte finansiële beheer en wanbestuur deur SAL.

Intussen beplan Air Chefs, die spysenieringsafdeling van SAL, om 118 werkers af te lê, wat ‘n streep help trek deur Cyril Ramaphosa se werkskeppingsverklaring.