SABS raad kry kennis

Die raad van die Suid Afrikaanse Buro van Standaarde (SABS) het kennis gekry van die minister van handel en nywerheid dat hy hul gaan skors met die opsie om die totale entiteit onder administrasie te plaas.

Dit volg na growwe nalatigheid toe ‘n sertifikaat van goedkeuring gegee is vir steenkool van die Brakfontein myn, wat besit word deur Tegeta. Tegeta was voorheen besit deur die gebroeders Gupta.

‘n Amptenaar van Tegeta was teenwoordig by die uitreiking van die sertifikaat wat strydig is met die bepalings en regulasies van SABS.  Oud-hoof van Eskom, Matshela Koko, het die aanvaarding van die substandaard steenkool geregverdig deur te verwys na die SABS sertifikaat.

Die direkteur-generaal van SABS  het verklaar dat daar ‘n massiewe “verval” in bestuur ingetree het by SABS en dat die eenheid tans disfunksioneel is.  SABS het sedert April 2017 meer as 401 kliënte verloor weens die nie-vertroue in die entiteit se toets prosedures.

Binnekort gaan die hele staatsdiens en staatsentiteite onder administrasie wees teen dié tempo, meen waarnemers.