Riebeeck Kasteel onder beleg

Riebeeck Kasteel is deur protesgangers in chaos gedompel toe winkels  bestorm en besteel is.

‘n Behuisingsprotes het klaarblyklik ontaard in die optrede en selfs die ou Royal Hotel het deurgeloop. Sporadies brande is ook gestig en polisie was op die toneel.

Sosiale media het gegons en opmerkings soos “‘n nasionale krisis het uitgebreek” , “waarom nie lewendige ammunisie?” , “bring die weermag in, skiet en ry dood”, “”regstellende herverdeling” en “‘n tweede Zimbabwe” het heen en weer geflits.

Intussen reis die president oorsee rond en vertel van die groot beleggings wat SA toe gaan kom.