Polisie verloor operasionele vermoë

Uiteindelik kom die waarheid na vore toe die parlementêre komitee van polisie hul kommer uitgespreek rondom SAP se operasionele vermoëns.

Dit volg na die uitbrand van twee polisievoertuie in Botrivier, die gebruik van lewendige ammunisie deur polisie in Gauteng en Wes-Kaap asook die roof van vuurwapens by die Elsburg polisiestasie.

Reaksietyd en interaksie tussen sigbare polisiëring, misdaad intelligensie en gespesialiseerde eenhede is nie op ‘n aanvaarde vlak nie, volgens die parlementêre komitee.

Intussen is die polisie besig met ‘n werwingsaksie om kandidate uit die “minderheidsgroepe” te werf. Hulle doel op Afrikaanssprekendes maar ook Engelssprekendes, in duideliker taal soek hulle blanke kandidate.