Poetin en Trump ontmoet in Wene

Daar kan ’n ontmoeting in Wene plaasvind tussen president Donald Trump van Amerika en president Vladimir Poetin van Rusland gedurende Julie vanjaar, en sal verkies dat die Oostenrykse kanselier die tussenganger is om die ontmoeting te fasiliteer.

Dit is die waarneming van politiek ontleders nadat president Poetin ’n amptelike besoek gebring het in Wene by kanselier Sebastian Kurz van Oostenryk.

Die Russiese president laat geen steen onaangeroer om die sanksies teen sy land opgehef te kry nie, en het reeds verskeie onsuksesvolle pogings gehad.

Eers was dit ’n gesprek met kanselier Merkel van Duitsland, daarna met president Macron van Frankryk, en verlede week met kanselier Kurz van Oostenryk wat nou die voorsitterskap van die Europese Unie vir die volgende termyn hanteer.

Onbevestigde berigte lui dat president Poetin in Wene die aanvoorwerk gedoen het om ’n ontmoeting met president Donald Trump aldaar te hou, want dit volg nadat die Amerikaanse president gal gebraak het oor Rusland nie toegelaat word om sy plek in te neem in die G-Beraad nie.

Die twee wêreldleiers se vorige gesprek met mekaar was in 2015 tydens die G20 beraad wat in Hamburg, Duitsland gehou is

Tydens Poetin se besoek in die Oostenrykse hoofstad het hy gesê daar was nog altyd ’n bereidheid om met president Trump gesprek te voer, wat die vermoede laat dat dit die eerste teken is dat Wene as bymekaarkomplek beoog word.

Foto – President Poetin en kanselier Kurz