Paaie weereens geblokkeer in Kaap en Pretoria

Opstokers en brandstigters het paaie in en om Kaapstad blokkeer met brandende bande en ‘n vragmotor is aan die brand gesteek. Die R300 en die N7 was gesluit vir verkeer.

In Pretoria het inwoners van Eersterust strate toe gevaar en paaie blokkeer met brandende bande. Stormvoëlweg is ook versper.

‘n Polisie segsman A/O Johan van Wyk sê die polisie is op die toneel, maar niemand is gearresteer nie, want die protes is “vreedsaam”.

Die publiek is verstom oor daardie benadering van die polisie dat bande wat in strate gebrand word en strate wat afgesper word, aanvaarbaar is vir die polisie.

Intussen is busdienste in Eersterust opgeskort as gevolg van die optrede.

En in Dundee is skole gesluit weens protes optrede deur inwoners en kinders . Die polisie moniteer die situasie terwyl winkels gesluit is weens vrees vir “vrye handel”.