Noakes onskuldig

Na jare se aanklagte en verhore deur die  Gesondheid Professionele Raad van SA teen Tim Noakes, het die raad se appelkomitee Noakes onskuldig bevind aan onprofessionele optrede.

Intussen gaan gesondheidsdepartemente en hul hoofde onverpoosd voort om hospitale en klinieke in die grond te bestuur met gepaardgaande sterftes van pasiënte. Hieraan word weinig aandag gegee.

Op sosiale media word nou gevra of dit weer ‘n geval was dat Tim Noakes te blank was.