NGV wet gepubliseer

Die kabinet het die National Health Insurance Act  goedgekeur vir publikasie in die Staatskoerant vir openbare kommentaar.

Volgens die Wet gaan daar gepoog word om ’n Nasionale Gesondheidsfonds te stig wat gesondheidsorg sal voorsien wat bekostigbaar en van hoë gehalte gaan wees.

Die staat is tans nie in staat om staatshospitale te bestuur nie maar wil nou inmeng in privaat mediese skemas asook privaat hospitale.

Kundiges reken hierdie is weer ‘n “skema” waar miljarde gaan verdwyn in diegene se sakke  wat nie ‘n snars omgee vir die publiek se gesondheidsorg nie.