Nasa – Was daar lewe op Mars?

Die jongste ondersoek wat deur Nasa se Curiosity robot op Mars maak, bring die moontlikheid van vroeëre lewe op die planeet al nader aan die werklikheid.

Alhoewel die eerste tekens van wat gevind word, nie direkte lewe van eeue gelede aandui nie, is dit “die eerste boustene van lewe wat gevind is”.

Curiosity het ontdek dat daar die mees “ingewikkelde organiese materiaal” op die oppervlakte van Mars is, wat na raming komponente is wat tussen drie en vyf miljard jaar oud kan wees.

Die vorm van lewe wat toe bestaan het, word beskryf as vreemd, en kom voor in die Rooi Planeet se “Gale Crater” en nou word die soektog uitgebrei om moontlike organiese molekules te vind.

Wetenskaplikes sê die ontdekking kan nuwe deure oopmaak van hoe Mars vroeër gelyk het en wat dalk ’n andersheid in lewe gehad het teenoor wat op die aarde is.