Narkotiseurs kritiseer gesondheidswet

Meer as 79% privaat narkotiseurs en 59% narkotiseurs in die openbare sektor glo dat sou die drakoniese gesondheidswet ingestel word, dit nadelig op hul gespesialiseerde profesie sal inwerk.

Hierdie syfers is vrygestel deur die SA Vereniging van Narkotiseurs wat bykans 1 400 oftewel 90% verteenwoordig van die spesialiste in die profesie.

Die visepresident van die vereniging, Lance Lasersohn, het bevestig dat hulle verbind is tot die voorsiening van mediese sorg oor die hele spektrum van die land.  Die Wêreld Gesondheid Organisasie se statistiek word aangehaal wat toon dat daar 3,2 verpleegsters per 100 000 inwoners is en 60 dokters per 100 000 inwoners. Wat narkotiseurs betref is die verhouding 2,51 per 100 000 inwoners wat onder die voorgeskrewe 5 spesialiste per 100 000 mense is.