Molefe gee R16 miljard vir Guptas

Brian Molefe en drie ander lede van Transnet is in ‘n forensiese ondersoek geïmpliseer vir die wanbestuur van fondse en dat daar gelieg is tydens ‘n raadsvergadering.

Dit word in die verslag getoon dat Molefe en kie die aankoop ooreenkoms van meer as 1 000 lokomotiewe met R16 miljard opwaarts aangepas het en dit vir ‘n Gupta gekoppelde maatskappy.

Molefe staar moontlike strafregtelike klagtes in die gesig as die aanbeveling en bevindings van die ondersoek aanvaar word.